Etosha Nasional Park Namibië.

Etosha Nasional Park Namibië.

Deur Gert Lamprecht (082 880 7929)  

Die Nasionale Etoshawildtuin is ‘n natuurbewaringsgebied en die bekendste nasionale wildtuin van Namibië met ‘n oppervlak van 22 275 vierkante kilometer. Die wildtuin lê in die noorde van die land en beslaan die grootste gedeelte van die Etoshapan met ‘n oppervlak van 4 760 vierkante kilometer. Die soutpan is ongeveer 130 km lank en tot 50 km wyd op plekke. Die mees algemene wild is leeus, olifant, luiperd, jagluiperd, kameelperd, hiëna, springbok, zebra, eland en ‘n groot aantal kleiner wildsoorte. Ongeveer 340 voëlspesies is al opgeteken en die park is die broeiplek van tot een miljoen flaminke. Daar is mensgemaakte boorgate maar die bekendste waterbronne is die vele natuurlike artetiese fonteine. In die droë wintermaande van Aug. , Sept.  en Okt.  kom die diere in hul honderde na die watergate. Dit reën feitlik nooit in die winter nie met die gevolg dat die lug vol stof is, soveel so dat die son reeds van 4-uur af ‘n rooi bal in die lug is.  Vir die natuurliefhebber en fotograaf is Etosha ‘n ware paradys

About us

Trusted
Reliable
Impressive

Categories
Follow us

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *