Die Voëls van die Kalahari

Die Voëls van die Kalahari

Gert Lamprecht 0828807929

Die voëls van die Kalahari is net so interessant en mooi en merkwaardig as die diere – indien nie veel meer nie. Daar is al meer as 300 spesies aangeteken waarvan meer as 100 residensieel is. Die groot aantal nie-residensiële spesies het direk te doen met die karakter van die Kalahari: dis ‘n fassinerende land van kontraste waar temperature kan wissel van -12˚C tot 47˚C; van woestynagtig droog tot waar Kwang Pan, as voorbeeld, vol water is; van waar die rooi duine met blomme en gras bedek is tot waar die droë rivierbeddings soos tennisbane lyk. Om die voëls van die Kalahari te bestudeer, te bewonder, te geniet, aan te teken en te soek is ‘n nimmer-eindigende en onuitputlike bron van plesier en kennis. Jou gewaarwording kan wissel van waar die Rooiborslaksman met sy karmosyn rooi bors in snikhete hitte onder ‘n Kameeldoringboom kos soek tot waar ‘n swerm Teeleendjies in die pad swem. Die kleure wissel van die vaal Lewerikke met hulle pragtige sang tot die vestommende kleure van die Troupand of Melbavink. Van die kleine Gariepglasogie tot die groot Gompou of Volstruis. Van die alomteenwoordige Vesamelvoëls tot die skugter Bosveldtjeriktik. Van die weemoedige nagtelike roep van die Witwanguil tot die raserige Rooibekkakelaars. Van die stadige en statige vlug van die Sekretarisvoël tot die 300km/uur duikslag van die Edelvalk. En voeg by dit alles die Fotografie-uitdagings en jy verstaan my liefde vir die Natuur en die Kalahari.

About us

Trusted
Reliable
Impressive

Categories
Follow us

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *