Die Kaapse Vossie

Die Kaapse Vossie

Deur Gert Lamprecht (082 880 7929) 

Die kleintjies van die Kaapse Vossie of Silwerjakkals of Draaijakkals (Vulpes chama) is verseker die spelerigste, ratste en mees fotogeniese van al die soogdiere in die Kalahari. In die Kgalagadi Oorgrenspark kom die ouers so vanaf Oktober tot Januarie na die rivierbeddings in die park waarna die kleintjies gebore word. Hulle grawe ‘n gat in die grond waar die gesin bly totdat die kleintjies amper volwasse is. Daarna verdwyn hulle weer tot die volgende jaar se nesmaaktyd. Somtyds beweeg of hardloop die kleintjies so vinnig tydens speeltyd dat jy van alle moontlike outomatiese funksies op jou kamera van ontslae moet raak in ‘n poging om genoeg geheue kry om hulle te volg. Die kleintjies in die werpsel wissel van 1 tot 4 (volgens my waarnemings.) Vroegoggend is dit gewoonlik die mannetjie wat die nes verlaat op soek na rotte of muise en die wyfie sal vir ure lank die omgewing bespied terwyl sy op die mannetjie wag. Hulle grootste vyand is die rooijakkals wat die kleintjies vang. Ek het verskeie kere al waargeneem hoe die vossie-mannetjie maak of hy gewond is om sodoende die dom jakkals van die gat af weg te lok.

About us

Trusted
Reliable
Impressive

Categories
Follow us

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *